Jy is nog een oomblik besig om saam iets te skep en die volgende oomblik het die bubble gebars en jy moet sin maak van die oomblik. Die oggend toe Lindi my oor die foon sê dat Aleit oorlede is en die wereld nog nie geweet het nie was natuurlik n skok. Ek beskryf dit gereeld as belaglik. Dit was net n absurde feit om mee te deel. Jy is nog in produksie vibe en die kern produksie bubble van Aleit, Lindi en ek bestaan nog in jou kop maar dit is nie meer realiteit nie. En jou vriend is weg verewig.
My eerste gedagte was dis die einde van die produksie en in my kop en hart het alles gedraai rondom die oploop na die roudiens. Toe ek besef die gesprekke gaan aan oor om die TV show klaar te maak was ek vir n dag of twee in n stryd. Dit het sin gemaak maar sou ek vir die volgende 3 maande kon deel met die editing daarvan om met Aleit gekonfronteer te word wie nie meer met ons is nie. En het ons genoeg content gehad. Ek het geweet ons was nie heeltemal daar nie maar ons war 90% daar en toe ek gevra word dink jy ons het genoeg was my antwoord ja. Ek wou he mense moet Aleit vir n laaste keer sien en ook afskeid neem.
En hier is ons nou. Ek edit al episode 8 van 13 en alhoewel ons bietjie moes kop krap het ons al 7 episodes gelewer. Daar was tye van hartseer tesame met tye van lag vir Aleit se humor en "mooi" woorde. Dis altyd dieselfde in n epsiode. Hartseer en lag. Die lewe is moeilik en die lewe is maklik, somtyds in dieselfde dag en ek dink dis van pas om hierdie blog af te sluit met Aleit se woorde.
Lag hard, glimlag breed en deel dit met ieder en elk.
תגובות